Press Statement dated 9 January 2019

As daar een ding is wat Gauteng het, is dit 'n gladde, verdoeselende, hoogs ambisieuse politikus wat selfveroordelend oortuig is dat toesmeering van sy eie tekortkominge en in 'n ander rigting wys om die probleem weg te verduidelik, sal die nasie bevredig as dit kom by antwoorde gee.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het die LUR vir Onderwys Gauteng, Panyasa Lesufi, nie een keer maar vele keer in die media uitgedaag om te erken dat die enigste manier om die duisende leerders in die provinsie behoorlik te akkommodeer te same met die duisende wat jaarliks uit ander provinsies na Gauteng toe stroom, is om die skole te bou wat deur sy departement al jare lank belowe is. Nou beweer hy dat hy hierdie aantal nuwe skole gebou het, terwyl 'n ander syfer in die volgende asem stilweg in 'n verklaring genoem word. Verrassend genoeg is dat die "ras" en "taalkaart" nog nie uit gepluk is om die water te vertroebel nie.

Nee. Hierdie keer is daar gespog met aanlyn-aansoeke en vervaldatums ens; planne, sorgvuldig verduidelikings, wat in plek gestel is om dinge vir al die betrokkenes soveel makliker te maak. Almal?

Oorweeg die volgende:

  1. Baie ouers is ongeletterd. Dit maak die aanlyn aansoekstelsel onmoontlik vir hulle om te gebruik.
  2. Baie ouers het nie toegang tot die internet nie, veral in landelike gebiede.
  3. Die LUR het aangedui dat ouers wat van aangesig tot aangesig hulp benodig, een van die gedesentraliseerde aansoek sentrums of 'n gemeenskapsbiblioteek moet besoek. Dit is nog 'n logistieke probleem vir ouers wat nie die nodige vervoer het om na hierdie opname-sentrums te reis nie.
  4. Die departement het aangedui dat hulle 'n groot aantal aansoeke ontvang het wat nie al die vereiste dokumentasie by gehad het nie en dat dit een van die redes was waarom leerders nie deur die stelsel geregistreer is nie. Vir graad 1 moet ouers ID's (ouers en kinders), leerling se geboortesertifikaat, bewys van huis- of werkadres en immuniseringskaarte indien. Vir Graad 8 moet ouers ID's (ouer en kind), leerling se geboortesertifikaat, bewys van huis- of werksadres en 'n rapportkaart indien.En vir die inwoners van plakkerskampe? Hoe sal jy 'n bewys van adres gee? Baie kinders is nie by geboorte geregistreer nie of het nie eers 'n geboortesertifikaat nie.

So. Die skuld word stewig geplaas op oënskynlik agterlosige ouers. Miskien moet die LUR net vir oulaas weer in verbinding tree met sy kiesers. Hy blyk heeltemal uit voeling te wees met die mense waarvoor hy beweer dat hy werk.

Goed om te lees dat die LUR en die Premier - sonder twyfel bygestaan deur 'n hoëprofiel-entourage (dit is beslis 'n verkiesingsjaar) - sal vandag (Woensdag 9 Jan) 'n nuwe skool oopmaak. Een skool Mnr Lesufi. Waar is die ander twintig of dertig wat die laaste paar jaar blykbaar dringend was? Voordat jy meer tablette (die tegnologiese soort) gaan uitrol en onbruikbare registrasieprosesse instel, moet jy dalk oorweeg om leerders te akkommodeer in behoorlike, grondwetlik-voorgeskrewe toepaslike onderwysfasiliteite.

Die SAOU se versoek: Los die populistiese gladde gebabbel en erken dat beide ouers en leerders vir nog 'n jaar in die steek gelaat is.

Issued by Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU)