Press Statement dated 22 November 2018
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) veroordeel rassisme in die klaskamer en skoolomgewing onbubbelsinnig.
In hierdie verband bevorder die Unie voortdurend sosiale en politieke sensitiwiteit aan sy lede deur middel van plaaslike en nasionale nuusbriewe sowel as nasionale bemagtigingskursusse.
Die EFF se gerapporteerde arrogante inmenging by die Riebeeck College Girls'High School vertroebel bloot onstuimige waters en die SAOU doen 'n beroep op die EFF om verantwoordelik te wees om deur die regte kanale te werk eerder as om verdere onmin aan te hits deur die gebruik van wat na agterdogtige populistiese stemwerwery lyk.
Die skool het die regte stappe geneem om die probleem effektief aan te spreek en die hantering van die saak moet aan die skool en die provinsiale onderwysowerheid oorgelaat word.
Die land kan nie bekostig om onderwysstabiliteit op die altare van voor- verkiesingsretoriek op te offer nie.
Issued by Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU)