Press Statement dated 8 January 2019

Dit is nie moeilik om die probleme wat onderwys in die Limpopo-provinsie ondervind, te lys nie.

Die hele onderwys-topbestuur in die provinsie is tans saamgestel uit mense wat uit ander agtergronde as onderwys kom (die LUR vir Onderwys sowel as die HOD ingesluit).

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) stem saam met die DA-leier in Limpopo dat die standaard van onderwys kommerwekkend is. Die SAOU glo egter dat dit belangrik is om die oorsake en nie net die simptome aan te spreek nie.

Die aanhaling van matriekstatistieke stel nie die probleme reg nie.

  1. Die Provinsiale Administrasie gaan gebuk onder die leiding van bestuurders wat gebrekkige kennis van opvoeding het;
  2. Distriksadministrasie is ongestruktureerd en rigtingloos;
  3. Op 'n breër front het die herontwerp van munisipale distrikte gedurende 2018 tot verwarring en onsekerheid gelei;
  4. Die vandalisme van ten minste 30 skole in die Vuwani-skooldistrik;
  5. Die gedwonge sluiting van skole in die Vuwani gebied as gevolg van protesaksie het daartoe gelei dat baie leerders en opvoeders nie skool kon bywoon nie;
  6. Daar is nog baie skole met onvoldoende geriewe – skole sonder lopende water is een van die oorsake dat leerders (veral dogters) skool misloop. Die Limpopo Departement van Onderwys versuim om leerders te voorsien van die minimum standaarde vir veilige en voldoende basiese skoolinfrastruktuur.
  7. Daar was geen verwysing na poste voorsiening in die afgelope drie jaar nie, tenspyte van skole wat gegroei het in hulle getalle. Dit is veral die geval in die plattelandse gebiede. Sommige leerders sit sonder opvoeders omdat 'n aantal tydelike onderwyserskontrakte nie hernu is nie. (Hierdie probleem het reeds in 2016 ontstaan). Hoe kan daar van leerders verwag word om akademiese sukses te behaal onder sulke omstandighede?
  8. Baie ouers stuur hul hoërskoolkinders na koshuisskole toe in ander provinsies om die leemtes in hul eie provinsie te vermy;
  9. Die lewering van Onderrig- en Leerderondersteuningsmateriaal bly ook onbevredigend. Verlede jaar het die onderwysdepartement erken dat hulle onseker was oor hoeveel skole wel hul akademiese materiaal ontvang het.

Die 69, 4% slaagsyfer vir 2018 kan nie /mag nie net as 'n irrelevansie oorgedra word nie. Die persentasie dui daarop dat daar 'n beduidende aantal hoogs funksionele skole in die provinsie is wat toegewyde onderwysers en toegewyde ouers en bevoegde bestuurders het. Hulle verdien ‘n gelukwense met hul stewige pogings in die lig van die swak administrasie.

Die SAOU bied steeds verdere indiensopleidings kursusse aan vir skoolbestuurders en opvoeders in ‘n poging om professionele standaarde en die lewering van die beste moontlike gehalte-onderwys te handhaaf.

Dit sal interessant wees om te weet watter inisiatiewe ander betrokke partye geloods het om die "oorsake" van die onderwys wanadministraie te verlig.

Issued by Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU)