Press Statement dated 11 February 2019

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) is ten volle bewus van die huidige debat en gepaardgaande regskwessies rondom die voorval wat tussen 'n leerder en 'n onderwyser by die San Souci Girls 'High School in Kaapstad plaasgevind het.

Die betrokke onderwyser is 'n lid van die SAOU en is in diens van die skool se Beheerliggaam (BL) en as sodanig val die onmiddellike prosesse van ondersoek na die saak en die besluit onder die vaandel van die BL.

Die SAOU wil beklemtoon dat ons ons lid en haar arbeidsregte ondersteun. Indien die saak egter vereis dat die onderwyser verteenwoordiging in 'n dissiplinêre of kriminele proses benodig, sal die SAOU die verteenwoordiging behartig.’n Bekwame regspan is reeds aangewys in die verband.

Intussen, versoek die SAOU alle betrokkenes om die voorval in konteks te sien en om die situasie nie te vererger deur groter sensasie daaraan te koppel as wat nodig is nie.

Dit kan slegs negatief op beide leerders en die onderwys in die algemeen inspeel.

Issued by Chris Klopper, Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU)